Stemme sluit Vrydag 12 Julie om 17:00. Bykans 40 000 stemme is reeds in en as jy nog nie jou stem dikgemaak het nie, is nou die tyd om dit te doen.

Jou stem gee nie net ’n glanspersoonlikheid die geleentheid om met ’n Huisgenoot-Tempo weg te stap nie, dit bied jou ook die kans om wonderlike pryse te wen. Die groot prys is ’n Suzuki Swift, maar jy kan ook in aanmerking kom vir een van dié pryse: Canon-kameras, ’n Puzey G-Wizz-bromponie, ’n Jennifer Lopez-parfuumgeskenkpak, ’n Infinity-sonbril en ’n ghd-geskenkpak. Hoe wonderlik is dit?

Die kompetisie is vanjaar straf; kyk net na ons benoemdes in die kategorie kontemporêre album van die jaar: Adam Tas, Bobby van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, 4 Werke, Manie Jackson en Theuns Jordaan. Moeilik om te kies, nè? Wel, wie ook al jou gunsteling is, die mag lê by jou en jy sal besluit wie die wenner gaan wees. Maak seker jy neem deel!

Stem per SMS - kry die stemkodes: KLIK HIER

Stem aanlyn: KLIK HIER