Aanhangers van Huisgenoot-Skouspel kan nou ’n interaktiewe kykie kry na die konsert en agter-die-skerms-aksie met die nuwe Huisgenoot-Skouspel-app.

Dis gratis en is vir Apple- en Android-platforms in hul onderskeie app-winkels beskikbaar. Laai dit nou af – dis net vir tablet.

Huisgenoot-Skouspel spog met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars op een verhoog – van Nataniël en Kurt Darren tot Laurika Rauch, Elvis Blue, Ray Dylan, Karen Zoid en Die Heuwels Fantasties –  en is bekend vir die verrassings wat die konsert bring. Vanjaar voer ons dit ’n  stappie verder – met die app lui dié konsert ’n nuwe era in. Kry eksklusiewe toegang tot fotogalerye, video’s en die program van dié wêreldklas-produksie –  als gerieflik op een plek. Geniet dit en deel dit sommer met jou vriende en familie. Gaan na Huisgenoot se Facebook-blad vir ’n voorsmakie of volg ons op Twitter. Deel of LIKE die foto’s wat jy sien en kry die kans om een van 10 DVD’s van die 2013-konsert te wen.

  • Laai die Android-app hier af.
  • Laai die Apple-app hier af.

Jy kan ook die Huisgenoot-Skouspel 2013-DVD vooraf hier bestel (dit sal November te koop wees).

Maak jou gereed vir ’n weergalose ervaring!

 Skouspel-app-main

Hier is van die foto's wat op die app beskikbaar is:

 Skouspel 2013 Skouspel 2013  Skouspel 2013

Skouspel 2013