Ray Dylan en Bianca is verloof!

Vir party aanhangers kom dit dalk as ‘n skok, maar ander sê dit was net ‘n kwessie van tyd. Die sanger Ray Dylan se verlowing aan Bianca Homeier, die vrou wat vroeër vanjaar die rede was waarom sy verhouding met Jeanine Victor (die ma van sy seuntjie Shaun-Michael) op die rotse beland het, het almal aan die praat.

Enkele weke terug het die twee vroue – toe nog al twee vervreem van Ray – eksklusief aan Huisgenoot vertel van hul hartseer, maar intussen het die liefde tussen Bianca en Ray opnuut vlam gevat.

Lees meer: http://www.huisgenoot.com/nuus/ray-dylan-en-bianca-is-verloof/

Griekwastad-verhoor

Die verhoor van die minderjarige beskuldigde in die opspraakwekkende Griekwastad-moordsaak is die week in die Noord-Kaapse hooggeregshof hervat. Die 17-jarige seun word daarvan aangekla dat hy Deon (44), Christel (43) en Marthella Steenkamp (14) in April verlede jaar op die plaas Naauwhoek vermoor het. Daar is ook ‘n klag van verkragting teen die kind. Die regter in die saak het gister bevind die media mag in die hof toegelaat word wanneer getuienis oor die lykskouings gelei word. Die saak duur vandag voort.

Springbokspan teen Wallis

Die Bokspan vir die naweek se wedstryd teen Wallis sluit twee nuwelinge in: Frans Malherbe vervang die beseerde Jannie du Plessis, en die slot Pieter-Steph du Toit is op die plaasvervangerbank.

So lyk die volledige span: http://www.huisgenoot.com/nuus/bokspan-vir-wallis-toets-aangekondig/

Top-akteurs groet Binneland

Vier akteurs in die gewilde TV-reeks Binneland gaan volgende jaar dié sepie verlaat: Dawid Minnaar, Elma Postma, Neels van Jaarsveld en Odelle de Wet se karakters verlaat die Binneland-kliniek, die vraag is net: hoe?

Lees meer: http://www.huisgenoot.com/fokus/top-akteurs-groet-binneland/

Seun sluk vuurwerk, sterf

’n Sesjarige seun is in Durban dood nadat hy in ‘n Diwali-viering vuurwerk gesluk het, berig The Star. Lees meer: http://www.huisgenoot.com/nuus/seun-sterf-nadat-hy-vuurwerk-ingesluk-het/