André Gouws, wat vroeër vanjaar skuldig bevind is aan die kleuterskoolonderwyseres Chanélle Henning se moord, het in trane getuig hoe Chanélle se vervreemde man, Nico, hom die opdrag gegee het om haar te vermoor. Lees meer hier... Die Amerikaanse akteur Paul Walker, 40, van die Fast and the Furious aksieflieks het die naweek in ’n motorongeluk in Kalifornië gesterf. Sy meisie, Jasmine Pilchard-Gosnell (23) is glo “verpletter” en sy medespelers is so ontsteld dat hulle nie vandeesweek verder aan Fast & Furious 7 kon werk nie. Universal Pictures het intussen aangekondig die vervaardiging van dié fliek is vir ’n “onbepaalde tydperk” uitgestel. Lees meer hier... Oudpresident Nelson Mandela se familie het vir die eerste keer in ’n lang ruk ’n beskrywing van Madiba se gesondheidstoestand gegee. Vind hier uit hoe dit met hom gaan... Die dood van enige troeteldier is vir die eienaar ’n hartseer gebeurtenis en die dood van die wêreld se lelikste hond, Elwood, was geen uitsondering nie... Lees meer hier... Het jy al ooit gewonder watter van jou Facebook-vriende hou nie baie van jou nie? Nou is daar ’n nuwe app wat hierdie “vriende” aan jou kan uitwys. Lees hier hoe dit werk...