• Die Griekwastad-moordverhoor het die week voortgeduur in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley. Die fokus het veral geval op die bloedspatsels en –patrone wat op die toneel gevind is. ’n 17-jarige seun is die beskuldigde in dié verhoor ná die moord op Deon, Christel en Marthella Steenkamp verlede jaar. Lees hier ons joernalis Herman Scholtz se verslag uit die hof.
  • Justin Bieber is “baie goed” in die bed, sê ’n Brasiliaanse vrou met wie hy glo tussen die lakens baljaar het. Lees meer
  • Hulle het so gehoop vir ’n dogtertjie, maar die Superhero-sanger Jay het dié week die nuus gebreek: Dis nog ’n seuntjie vir hom en vroulief Mia! Lees meer
  • Die Indiese krieketlegende Sachin Tendulkar het Donderdag in sy 200ste en laaste toetswedstryd begin speel. Die Indiese span speel teen Wes-Indië in Moembaai. Kyk hier na ’n video van die erewag vir Sachin wat ’n ander krieketlegende, die voormalige Australiese draaibal-bouler Shane Warne op Instagram gelaai is.
  • Die land het die afgelope week gegons oor Boer Jan se omstrede uitlatings op die kykNET-program Boer Soek ’n Vrou. Vroue van wyd en suid het op sosiale netwerke gereageer en hom onder andere ’n chauvinis genoem. Kyk hier hoekom dink Jan se top-drie vroue hy is onweerstaanbaar.