• Sorina Erasmus, oftewel die Flooze van Witbank, het Sondag ’n noue ontkoming bleef toe die gasbottel van vriende by wie hulle gekuier en gebraai het, vlam vat en amper ontplof. Sy is ses en ’n half maande swanger met haar en haar man, Braam, se eerste kind, ’n seuntjie, en het gelukkig ongedeerd daarvan afgekom. Ons het gaan hoor hoe die swangerskap vorder en hoe dit nou met haar gaan ná die voorval. Lees meer hier...
  • Ondersoekers sê twee minuut lange beeldmateriaal van ’n kamera op Michael Schumacher se ski-helm toon die Formule Een-grote was ’n hele ent van ’n versorgde baan af toe hy sy balans verloor en met die valslag lewensgevaarlike kopbeserings opgedoen het. Lees meer hier...
  • ’n Vrou van Lydenburg het die owerheid se vuil wasgoed behoorlik in die openbaar gewas nadat sy in ’n slaggat gebad het om die swak toestand van paaie uit te wys. Lees die storie hier...
  • Die meeste van ons het ’n gunsteling-program waarmee ons skoon behep is. Maar al hou ons hoe baie van die karakters, is daar party wat ons eenvoudig nie kan verdra nie. Hier is ’n lys van die toptien irriterendste TV-karakters van alle tye. Sien die lys hier...
  • Koningin Elizabeth II wil hê prins Harry moet die baard afskeer wat hy tydens sy welsynswedloop in Antarktika gekweek het.

    Lees die storie hier...