• Kana skuldig bevind: Johannes Kana is vandeesweek skuldig bevind aan die verkragting en moord van Anene Booysen van Bredasdorp in Februarie vanjaar. Gedurende sy verhoor het Kana erken dat hy ’n Bredasdorp-kroeg saam met Booysen verlaat het, haar geslaan het en haar verkrag het, maar hy het ontken dat hy haar vermoor het. Kana is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê – een elk vir die verkragting en vir die moord. Booysen is dood ná die grusame verkragting wat skokgolwe deur die land gestuur het. Kana, Jonathan Davids en nog ’n man is ná die voorval gearresteer, maar klagtes teen Davids en die ander mans is later teruggetrek.
  • Boeremag-lede gevonnis: Negentien van die 21 Boeremag-lede wat verlede jaar skuldig bevind is aan hoogverraad is in die Noord-Gautengse Hooggeregshof tot tussen vyf en 30 jaar gevonnis ná ’n verhoor wat tien jaar geduur het.
  • The Boss na SA: Die legendariese rockster Bruce Springsteen kom volgende jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika optree. http://www.huisgenoot.com/nuus/the-boss-kom-kraai-koning-in-sa/
  • Springbokke: Die groep vir die Springbokke se oorsese groep is bekendgemaak, met vier nuwelinge daarin. Hulle is Siyabonga (Scarra) Ntubeni, Frans Malherbe, Louis Schreuder en Pieter-Steph du Toit. http://www.huisgenoot.com/nuus/bok-groep-vir-europese-toer-bekend/
  • Maak vol die tenk: Die petrolprys sal volgens berigte volgende week met meer as 20 sent daal.