Drie fantastiese konserte word beplan en aanhangers kan solank hul lippe begin aflek vir ’n musiekspyskaart soos min!

Die afskopkonsert “Treffer na Treffer” bring op 29 Maart, om 19:00, gróót name in die Afrikaanse musiekwêreld byeen. Kom sing saam met jou gunstelingtreffers van Kurt Darren, Nicholis Louw, Heinz Winckler, Elizma Theron, Adam Tas, Fredi Nest, Monique, Ray Dylan, Gerrie Pretorius, Romanz, Louis Loock, Snotkop, Thys die Bosveldklong, Wicus van der Merwe, Manie Jackson, Pierre Rossouw, Silwer en Goud, 4Werke en A-men. Vir die eerste keer is daar vanjaar ’n orkes op die verhoog om die kunstenaars te begelei. Al dié kunstenaars en hul treffers in een konsert: Dit gaan ongelooflik wees!

’n Dag later, op 30 Maart om 19:30, sing nóg sterre die verhoog aan die brand by die “Trots Afrikaans”-konsert. Hier kan jy jou Afrikaans-wees vier saam met Jay, Lianie May, Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld.

Die trio Huisgenoot-konserte word op 31 Maart, om 19:30, op ’n hoë noot afgesluit met “Duette Treffers”, waar van die grootste stemme in Afrikaanse musiek in duette saamspan. Kom geniet die kombinasie van die volgende sangpare: Lianie May & Jay, Elvis Blue & Andriëtte Norman, Karen Zoid & Zolani, Sarah Theron & Vaughan Gardiner, Emo Adams & Crushanda, Corlea & Tobie Jooste, Christo & Cobus, Jannie Moolman & Nádine, Snotkop & Monique en Amoré & Waldo Lotz.

Al die vertonings vind plaas by die Huisgenoot-Musiekplaas, geleë by die Oudtshoorn-sportterrein in Voortrekkerweg. Maak ’n spesiale konsert nóg lekkerder en bestel ’n piekniekmandjie! Kaartjies en piekniekmandjies vir al die vertonings is by Computicket beskikbaar.

Kaartjiepryse per konsert:

Bespreekte sitplekke (volwassenes en kinders): R120

Volwassenes: R90

Kinders (onder 15): R60

Daar is ook spesiale familiepakkette beskikbaar: R200 vir 2 ouers + 1 kind en R250 vir 2 ouers + 2 kinders. Hierdie pakkette is slegs op onbespreekte plekke van toepassing.

Koop vandag nog jou kaartjie!