Huisgenoot 3D-app

Android_Phone_HuisgenootKLEIN

Sien hoe die bladsye van jou tydskrif voor jou oë lewe kry met die Huisgenoot 3D-app. HG 3DLaai die app GRATIS af in die Apple App Store en by Google Play.  

Joost-app

Joost App

JoostIcon As jy graag ’n stukkie van een van ons land se grootste rugbyhelde wil besit, volg hierdie stappe om die Joost-app op jou iPad af te laai. Die app is in die Apple app-winkel beskikbaar en kan net op iPad gelees word.  

Mandela gedenk-app

Hoofstuk twee_Timeline

HGMadibaHierdie spesiale gedenk-app spesiaal vir iPad  is ’n huldeblyk aan die wêreldikoon wat 27 jaar in die tronk deurgebring het sodat alle Suid-Afrikaners vry kan wees. Dit bied ’n gedetailleerde, leesvriendelike opsomming van Nelson Mandela se lewe met interessante tydlyne, fassinerende foto’s en uitstekende infografika. Dit volg Mandela van sy geboorte tot die einde van sy lewe met interaktiewe elemente. Die app is in die Apple app-winkel beskikbaar en kan net op iPad gelees word.  

Die 100 beste Lesersresepte

Resepte-app

HG 100 RECIPESKos is deel van Huisgenoot se DNS – ons lesers hou van kook, en is ‘n skatkis van idees. Die 100 Lesersresepte-reeks vier dié liefde vir lekker eet. Die app is in die Apple app-winkel beskikbaar en kan net op iPad gelees word.  

Skouspel-app

photo 4

SkouspelIconHuisgenoot-Skouspel is ’n viering van Afrikaanse musiek. Met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars op een verhoog, stroom kykers al meer as ‘n dekade na dié wêreldklas-produksie. Gebruik die Huisgenoot-Skouspel-app en kry eksklusief toegang na wat agter die skerms gebeur: interaktiewe fotogalerye, video’s, die program – als gerieflik op een plek.

Die app is in die Apple app-winkel beskikbaar en kan net op iPad gelees word.