Dié verrykte digitale tydskrif in vyf hoofstukke bied aangrypende leesstof, videogrepe en meer as 500 foto’s, plus al die artikels wat met die jare in Huisgenoot en YOU verskyn het oor dié skrumskakel. Dis ’n nostalgiese tydreis.

Joost was maar 22 jaar oud toe hy sy deurbraak maak op die rugbytoneel, en nou is sy stryd teen motorneuronsiekte (MNS) ’n inspirasie vir almal. Die app gee aanhangers ’n omvattende blik op die wel en wee van dié oud-Bok se lewe.

Kyk saam na foto’s uit sy kinderdae, sy dae as jong speler, sy huwelik met en egskeiding van sy hoërskoolliefling Marlene Terblanche, en later sy tweede troue met Amor Vittone, en hoe hul gesinslewe ontvou het.

Die app herbesoek die donker tyd toe ’n seksvideo Joost op sy knieë gedwing het, die pad wat hy en Amor gestap het, en nou sy lewe met MNS en die werk van sy J9-stigting wat ander lyers help. Soos hy dit self stel: Dis die belangrikste wedstryd van sy lewe.

Die app is net vir iPad. Kry dit in Apple se app-winkel. Koop enkelhoofstukke teen $0,99 elk (sowat R10, na gelang van die wisselkoers) of die hele bondel met al vyf hoofstukke teen ’n afslagprys van $3,99 (sowat R40). Die app sluit ’n gratis lusmakerhoofstuk in.

Om dit in die Apple iTunes-winkel af te laai - KLIK HIER