BREI

Jip, jou ouma se gunsteling-stokperdjie is groot nuus. Gryp jou ma se breinaalde en gaan koop goedkoop wol en begin klein – dalk ’n serp vir jou kleinboet?

BAK EN BROU

Soet eetgoedjies smaak nog lekkerder as dit met liefde gebak is. En almal sal jou aanbid as jy by die skool met die lekkernye vir pouse opdaag!

NEEM KIEKIES

Inspirasie is oral om ons – jy moet net weet waarvoor om te kyk. Neem ’n foto van ’n mooi sonsondergang, jou hond wat in die son lê of sommer die bossie blomme op die tafel. Jy kan dit later op ’n inspirasiebord op jou kamermuur vasplak. Oulik verby!

SPEEL

Nooi jou pelle, vra elkeen om ’n bordspeletjie saam te bring, maak ’n groot bak springmielies en speel die dag om!