Die sedanmodel bied ’n klein bietjie meer ruimte binnelangs en ’n groter bagasieruim van 405 L.

Dit het dieselfde 1,2 L-petrolenjin as die luikrugweergawe, wat 65 kW krag teen 6 000 r/min en 109 Nm wringkrag teen 4 500 r/min ontwikkel.

Daar is twee afwerkingsvlakke, Trend en Comfort, beskikbaar en albei modelle het ’n vyfspoed-handratkas, terwyl die Comfort-weergawe ook met ’n outomatiese ratkas beskikbaar is.

Standaardveiligheidskenmerke vir alle modelle sluit in ABS-remme en dubbele lugsakke. Al die modelle spog ook met onder meer lugverkoeling, kragstuur en elektriese vensters.

Pryse: 

  • 1,2 i-VTEC Trend Manual R128 900
  • 1,2 i-VTEC Comfort Manual R136 900
  • 1,2 i-VTEC Comfort Automatic R146 900

Pryse sluit in ’n tweejaar/30 000 km-diensplan en ’n driejaar/100 000 km-waarborg.

brio2