Wil jy uitstaan en anders wees? Ja, sportnutsvoertuie is gewild as ’n gesinsmotor, maar

[post-slider]

Dié stasiewa het ’n radikaal nuwe voorkoms en is die derde model in die Civic-reeks, wat ook ’n luikrug- en sedan insluit.

Dis in 2013 op die Johannesburgse Wêreldmotorskou bekendgestel en is beskikbaar in twee modelle.

Al staan albei bekend as die Executive, het een ’n sesganghandratkas en die ander ’n vyfgang outomatiese ratkas.

Albei modelle het Honda se 1,8 L-iVTEC-viersilinderpetrolenjin. Dit wek 104 kW op teen 6 500 r/min en 174 Nm teen 4 300 r/rmin.

Volgens Honda kan die handratmodel binne 9,5 sek. van 0 tot 100 km/h versnel, en die outomatiese model binne 11,3 sek. Hulle sê die topspoed is onderskeidelik 210 en 205 km/h. Die gemiddelde brandstofverbruik is 6,6 L/100 km vir die handratmodel en 6,7 L/100 km vir die outomatiese weergawe.

Die kattebak is waar die Tourer regtig beïndruk. Al is hy net 235 mm langer as sy luikrugboetie, bied hy 573 L bagasieruimte gelyk met die tonneau-bedekking. Wanneer jy die agtersitplekke platslaan, vergroot dit tot 1 065 L.

Albei Tourer-modelle het goeie kenmerke, en kom met ’n remstelsel, wat ABS, EBD en EBA insluit, Honda se VSA-stabiliteitstelsel, heuwelwegtrekbeheer, ’n waarskuwingstelsel vir pap bande en ses lugsakke.

Nog standaardkenmerke sluit in sitplekke met leerbekleedsel en verwarmers (slegs voor), ’n klankstelsel met ses luidsprekers, spoedbeheer, outomatiese kopligte en ruitveërs, Bluetooth, UBS en AUX-konnektiwiteit, elektriese vensters en afstandbeheerde sentrale sluiting.

Die Civic Tourer word vervaardig by Honda se fabriek in Swindon, Engeland. Die handratkasmodel gaan jou R360 000 uit die sak jaag en die outomatiese model R374 000. Die prys sluit in ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km. Die diensintervalle is 15 000 km.