Hier is agt feite oor die nuwe Honda Ballade:

  1. Die nuwe Ballade is 4 400 mm lank, 45 mm meer as sy voorganger.
  2. Die kattebak beslaan 536 L.
  3. Daar is twee spesifikasievlakke, maar al die modelle het onder meer lugverkoeling, ’n klankstelsel met Bluetooth, kragstuur en elektriese vensters. Die topmodel, die Elegance, het ook bykomende kenmerke soos ’n beter klankstelsel met ’n raakskerm en ritbeheer.
  4. Veiligheidskenmerke sluit in ses lugsakke, ABS-remme en ’n trurat-kamera.
  5. Kopers kan kies tussen handrat- en outomatiese modelle.
  6. Die Ballade het weer ’n 1,5 L-enjin wat 88 kW en 145 Nm ontwikkel.
  7. Brandstofverbruik vir die handratkasmodel is 5,9 L/100 km, terwyl die outomatiese model se verbruik 5,8 L/100 km is.
  8. Die Ballade kom standaard met ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ’n diensplan van vier jaar of 60 000 km.

Pryse:

  • Honda Ballade 1,5 Trend – R195 900
  • Honda Ballade 1,5 Trend Outo – R210 500
  • Honda Ballade 1,5 Elegance – R220 990
  • Honda Ballade 1,5 Elegance Outo – R235 590

honda2

honda3