Die enjin met sy gesinchroniseerde ratkas met dubbelkoppelaar het ’n drievlak-S-verstelling, asook ander sagteware-opgraderings vir handrat- sowel as outomatiese ryverstellings.

Die ekonomiese 750 cc parallelle tweesilinderenjin het ’n hersiene uitlaatdemper vir ’n dieper klank.

Die NC750X se kenmerke word gekombineer as ’n omvattende pakket wat ’n motorfiets lewer wat uitstekend funksioneer.

Die 2016-evolusie van hierdie Honda bring moderner stilering mee, terwyl dit ook groter gemak vir die bestuurder en passasier beteken.

[caption id="attachment_124851" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

’n Groter windskerm, wat 70 mm hoër is, bied meer beskerming teen die wind en die bêrekompartement is met 1 L vergroot tot 22 L en die buitekant van die deksel het nou sterk relings – nuttig om ’n tenksak aan te monteer. Die deksel se buitekant het vier hake vir rubbergespes om te help om bagasie te organiseer en al die ruimte ten beste te benut.

In die splinternuwe instrumente word gebruik gemaak van ’n negatiewe LCD-vertoning. Inligting sluit in ’n afstandmeter, ritmeter, ratposisie, brandstofverbruikmeter, (opsionele) verhitte handvatsel, asook drievlak-S-verstelling vir die model met die dubbelkoppelaarratkas (DCT).

Die kleur van die toereteller se strepiesvertoning kan ook deur die ryer verander word; altesame nege keuses is beskikbaar. Dit is ook moontlik om kleure te verander volgens die rat wat gekies word, r.p.m.-strekking of (vir die DCT-weergawe) die ritkeuse.

’n Veerbelaaide vooraf verstelbare stelsel is vir die agterste skokbreker bygevoeg , terwyl nuwe Showa-dubbelbuigklepvurke voor aangebring is. ’n Nuwe uitlaatpypdemper bespaar gewig en bring ’n aangename uitlaatklank voort. Die sesganghandratkas-opsie het ’n ligter koppelaar.

[caption id="attachment_124853" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die sy-afvoerkappe is geronder en die sypanele kleiner, wat sterker lyne skep. ’n Soepel sitplekeenheid word beklemtoon deur die nuwe uitlaatpypdemper om ’n minimalistiese voorkoms te verseker.

Die ligte vyfhoekige demper is kleiner as dié van die vorige ontwerp en gebruik twee kamers wat met mekaar verbind is deur ’n pyp met gaatjies wat met ’n eindresonator saamwerk om ’n dieper, kenmerkender klank en uitlaatdreuning te skep. Die ingeboude katalisator bestaan uit twee lae vir skoner uitlaatgasse.

’n Nuwe “golwende” sleutel kenmerk die Honda Ignition Security System. As die ID-mikroskyfie binne-in die sleutel en die ID in die enjinbeheereenheid nie ooreenstem nie, sal die enjin nie aanskakel nie.

Die NC750X het ’n waterverkoelde agtklep-enkelbonokas-enjin met twee parallelle silinders wat lewendige verrigting verseker in die lae- tot middelkragstrek. Sy betreklik lang slagafstand-ontwerp en spesiaal gevormde ontbrandingskamers werk saam met die hoë-inersiegewig-krukas om groot hoeveelhede moeitelose wringkrag uit baie lae enjintoere te lewer. Topkraglewering is 40,3 kW @ 6 250 r.p.m., met maksimum wringkrag van 68 Nm @ 4 750 r.p.m.

Daar is slegs een 36 mm-smoorklep en waar moontlik is komponente gemaak om veeldoelig te wees: Die nokas dryf die waterpomp aan, terwyl een van die balanseer-asse die oliepomp aandryf.

Die NC750X sal in vyf kleure beskikbaar wees:

Matt Pearl Glare White

Candy Arcadian Red

Sword Silver Metallic

Matt Gunpowder Metallic

Glint Wave Blue Metallic

Voorgestelde kleinhandelsprys (BTW ingesluit)

NC750X    R 99 999

NC750X DCT    R 109 999

Bron: quickpic.co.za