[question title="Jy sien ’n jonger leerder word op die speelterrein geterg en geboelie. Jy . . . "]

[a weight="0"]Stap verby. Die laaste ding wat jy wil hê, is dat die terggeeste jou moet beetkry.[/a]

[b weight="1"]Soek ’n onderwyser en vertel stilletjies vir dié wat aangaan sodat jy nie self die boelies hoef te konfronteer nie.[/b]

[c weight="2"]Stap reguit na die boelies toe, sê hulle moet dadelik ophou en vra of die leerder oukei is.[/c]

[/question]

[question title="Jy’s reg om jou CV by jou gunsteling-klerewinkel vir ’n deeltydse werk in te lewer, maar dan sien jy die gewildste meisie in jou klas werk klaar daar. Jy . . . "]

[a weight="0"]Maak asof jy net rondkyk. Dit sal ’n te groot vernedering wees om jou CV vir haar te moet gee.[/a]

[b weight="1"]Besluit om later terug te kom wanneer sy nie daar is nie. [/b]

[c weight="2"]Stap in, sê ‘‘haai’’ en gee vir haar die CV met ’n glimlag – sy sal jou tog nie byt nie![/c]

[/question]

[question title="’n Oulike ou glimlag in die wiskundeklas vir jou. Jy . . . "]

[a weight="0"]Draai om en kyk of jy eintlik vir iemand anders glimlag. Dan maak jy of jy hard aan die werk is.[/a]

[b weight="1"]Glimlag skaam terug en beloof jouself jy gaan binnekort met hom gesels.[/b]

[c weight="2"]Gaan sit langs hom en begin gesels – jy het niks om te verloor nie.[/c]

[/question]

[question title="Jou vriende beskryf jou as . . ."]

[a weight="0"]Baie gaaf maar nogal stil.[/a]

[b weight="1"]Hope pret, maar probeer heeltyd almal tevrede stel.[/b]

[c weight="2"]Iemand wat altyd opkom vir haar vriende.[/c]

[/question]

[question title="Jy slaap by vriende oor en julle speel ‘‘truth or dare’’. Wat verkies jy: die waarheid of ’n uitdaging?"]

[a weight="0"]Die waarheid, maar as dit iets is wat jy nie wil beantwoord nie, sal jy waarskynlik dikmond raak.[/a]

[b weight="1"]’n Uitdaging,maar jy sal by jou vriende aanhou om dit aan te pas as dit te erg is.[/b]

[c weight="2"]Jy aanvaar ’n uitdaging om straataf te hardloop – poedelkaal![/c]

[/question]

[question title="Jy is op ’n Saterdagaand alleen by die huis en kyk ’n riller. Jy dink jy hoor iewers ’n geluid. Jy . . ."]

[a weight="0"]Is versteen van vrees en bel jou ouers en vra hulle moet dadelik huis toe kom.[/a]

[b weight="1"]Bly net daar op die rusbank sit tot jou ouers huis toe kom.[/b]

[c weight="2"]Gaan kyk in elke vertrek of daar indringers is en ontspan daarna weer houtgerus op die rusbank.[/c]

[/question]

[question title="Jy vind uit die nuwe meisie in jou vriendekring het jou agter jou rug beskinder. Jy besluit om pouse . . . "]

[a weight="0"]Alleen deur te bring, want jou vriende hou seker nie meer van jou nie.[/a]

[b weight="1"]Te maak asof niks gebeur het nie en met jou vriende te gesels.[/b]

[c weight="2"]’n Vergadering te hou en die nuwe meisie voor almal te konfronteer en vir haar te sê hoe seer haar gedrag jou maak.[/c]

[/question]

[question title="Jy is by die haarsalon en jou stilis stel voor jy moet ’n nuwe voorkoms kry. Jy . . ."]

[a weight="0"]Sê nee – jy het nog altyd dieselfde styl en is bang sy sal jou aaklig laat lyk.[/a]

[b weight="1"]Vra haar wat presies sy in gedagte het en sê dan wat sy mag en nie mag doen nie.[/b]

[c weight="2"]Sê vir haar sy kan laat waai! Dis hoogtyd vir ’n nuwe, radikale voorkoms.[/c]

[/question]

[result max="5"]Meestal A’s – Bangbroek

As vreesloos beteken dat jy ’n leeu is, is jy beslis ’n muis! Jy vermy tot elke prys konfrontasie, selfs al beteken dit jy moet pouse alleen deurbring. Pleks daarvan dat jy jou man staan teen die rugstekers, begin jy glo die dinge is waar wat hulle van jou sê. Dis tyd dat jy selfrespek kry; jy verdien dit. Moenie bang wees om jou mening te lug nie, al verskil jy van ander. Hulle sal jou meer respekteer as jy darem een het.[/result]

[result max="11"]In jou dop gekruip

Jy is nou wel geen bangbroek nie, maar het baie aanmoediging nodig om uit jou gemaksone te beweeg. Jy laat toe dat geleenthede by jou verbygaan – soos die kans om met ’n ou te gesels op wie jy stilletjies verlief is of ’n koel werk te kry – net omdat jy bang is ander sal dink jy’s verspot.

Hou op om alles te ontleed en begin die dinge doen wat jy graag wil doen. Neem berekende risiko’s en moenie altyd aanvaar mense dink die slegste van jou nie.[/result]

[result max="18"]Dapper leeu

Vreesloos is jou tweede naam. Jy laat nie toe dat senuwees of onsekerhede jou keer om met ’n oulike ou te gesels of ’n nuwe uitdaging te pak nie. Jou vriende bewonder jou selfvertroue en druk op jou nommer as een van hulle hulp nodig het. Jy is nie bang om te sê wat jy dink nie, selfs al verskil jy van die res. Sorg net dat jy ander aanmoedig om ook hul sê te sê – jy kan nie altyd die een wees wat die bul by die horings pak nie.[/result]