Sodra jy “stuur” geklik het, is die foto’s buite jou beheer en die ontvanger kan enigiets daarmee doen. Daarom moet jy eers met jou geliefde daaroor praat, veral as die versoek jou ongemaklik maak.

Verduidelik jy voel ongemaklik en dat jy nooit naakfoto’s na enigiemand sal stuur nie. As hy of sy genoeg omgee vir jou, sal hy of sy dit so aanvaar en nie weer daaroor praat nie.

As jou kêrel of meisie jou aanhou druk om stout foto’s te stuur al het jy verduidelik dit maak jou ongemaklik, moet jy weet hy of sy is nie reg vir jou nie en die verhouding beëindig.

Onthou, op die ou end moet jy jou kop omhoog kan hou en jou waardes beskerm. Hou jou reputasie skoon met ’n ewe skoon webgeskiedenis.

BRON: GURL.COM