Die 26-jarige sangeres het glo ’n liedjie saam met die A Team-sanger Ed Sheeran (23) opgeneem vir haar vyfde album, wat binnekort uitgereik word. Ons sien al lank uit na nuwe musiek van dié sangeres en aktrise; haar laaste album was Dignity in 2007. Hilary sê haar nuwe album sal ’n “aardse, indie-popklank” hê. Hopelik is daar nog baie koel gaskunstenaars op haar album!

BRON: MTV NEWS