met haar resep vir balsemieke steak met madeirawynsous (Huisgenoot, 29 Januarie 2015)

Hannetjie wen 'n veelsydige reeks braai- en kooktoerusting van topgehalte waarde ter waarde van R25 000 van LI's

Balsamiese Steak met Madeirawynsous

GENOEG VIR 2-4

Voorbereiding tyd: 30 min

Kooktyd: 20 min

VLEIS

500-800 g Picanha steak

MARINADE

200 ml olyfolie

100 ml goeie balsamiese asyn

4 gekneusde knoffel

5 ml (1 t) Dijon mosterd

5 ml (1 t) bruinsuiker

tiemietakkies

SPESERYMENGSEL

5 ml (1 t) growwe peper

2 ml (½ t) seesout

2. 5 ml (½ t) komynsaad

1 ml (¼ t) mosterdpoeier

5 ml (1 t) rissievlokkies

MADEIRAWYNSOUS

30 ml (3 e) olyf olie

300 g verskeidenheid sampioene, grof gekap

5 piekeluie, in lengte gehalfeer

2 knoffel huisies, gekneus

20 ml (4 t) tamatiepasta

5 ml (1 t) gerookte paprika

250 ml (1 k) beesaftreksel

250 ml (1 k) room

200 ml Madeirawyn / Soet Rose

Sout en varsgemaalde peper

25 ml (5 t) mielieblom

VLEIS Plaas vleis in `n glasbak. Meng al die bestanddele van die marinade en giet oor die vleis. Marineer vir 1uur.

SPESERYMENGSEL Meng al die bestanddele en vryf in die vleis. Plaas 30cm bokant `n matige vuur en rooster tot die regte grad van gaarheid verkry is. Rus vleis vir 10min voor gesny word

SOUS Braai die eie, sampoeiene en knoffel in n kastrol met die olyf olie. Voeg al die ander bestanddele, behalwe mielieblom. Prut vir `n paar minute, verdik met mielieblom en bedien saam met die vleis. Sit voor met koeskoes en geroosterde groente.

KLIK HIER vir die oorspronklike artikel wat 29 Januarie 2015 verskyn het