Hou jy van ’n lekker braai? Dan moet jy vir die opwindenste buitelug-werklikheidstelevisie-kookkompetisie, Ultimate Braai Master op SABC3, inskryf.

Lesers van Huisgenoot kry spesiale behandeling. Dit beteken jy kan steeds vir die program ’n oudisie aflê selfs nadat die inskrywings gesluit het. Terwyl gewone siele ’n uitmergelende aanlyn-siftingsproses moet deurmaak om ’n plek in die oudisies te kry, gee ons ’n goue kaartjie per streek weg (sien onder).

Stuur bloot vir ons jou en jou gekose braaimaat se naam en ’n motivering van hoogstens 50 woorde waarom jy meen jy en jou braaimaat het dit in julle om Suid-Afrika se Ultimate Braai Master vir 2013 te word. Stuur vir ons ‘n e-pos na braai@huisgenoot.com.

Die datums is:

Kaapstad: 2 en 3 Maart 2013

Durban: 9 en 10 Maart 2013

Port Elizabeth: 16 en 17 Maart 2013

Johannesburg: 23 en 24 Maart 2013

Huisgenoot-lesers het tot een week voor die oudisies om vir die goue kaartjies in te skryf. Die wenners sal in kennis gestel word. En as jy gekies word, moet jy jou regmaak vir ’n 60 dag lange, ten volle betaalde, kosavontuur van ’n leeftyd saam met Suid-Afrika se bos-kook-ghoeroe, Justin Bonello.

Die wenspan sal wegstap met R500 000 kontant, ’n splinternuwe Renault Koleos 4x4 ter waarde van R340 000 en die titel South Africa’s Ultimate Braai Master 2013!

Besoek www.ultimatebraaimaster.com vir bepalings en voorwaardes en nog besonderhede.