Maar het sy regtig met die sangeres van die liedjie Problem gespot? Ariana (20) dink beslis nie so nie. “Ek het nie gesien sy lag vir my nie, maar toe ek agterna daarna kyk, het dit gelyk asof sy geskok was omdat ek iets anders gedoen het,” sê sy.

“Sy was agterna baie gaaf met my. Sy het gesê: ‘Doen so voort, want dit werk.’ Ek het gedink dis snaaks dat mense so ’n bohaai daaroor maak terwyl sy net speels en ondersteunend was. Mense maak gedurig ’n ophef oor niks omdat hulle verveeld is,” het Ariana gesê in ’n onderhoud met die Australiese radioprogram The Bump Show.

Kyk hier na Rihanna se reaksie.

http://www.youtube.com/watch?v=xHYrLmjW4FE