Nadat strome Walter Marino en sy seun in die Atlantiese Oseaan meegesleur het, het hulle 15 uur water getrap en elke dan en wan van mekaar af weggedryf. Die pa het “to infinity” geskree en sy seun het met “and beyond” geantwoord sodat hulle mekaar kon opspoor. Die kuswag het hulle later gered.