Tim Peake het 186 dae gelede sy tog na die Internasionale Ruimtestasie begin. Op Saterdag, 18 Junie 2016, wag daar ’n heldeontvangs op hom met sy terugkeer na die aarde.

Volgens wat berig word, gaan sy eerste paar jaar terug op aarde nie so maklik wees nie. Behalwe vir naarheid, duiseligheid, ’n ellendige kopseer kan sy liggaam enigiets van ses weke tot drie jaar neem om ten volle te herstel van die tydperk in die ruimte.

KLIK HIER om sy terugkeer regstreeks te volg.

A photo posted by Graham Jones (@gbjdesign) on

Tim was allesbehalwe ’n passasier – hy het verskeie eksperimente aan boord van die ruimtestasie uitgevoer en noodsaaklike herstelwerk doer bo gedoen. Maar daar was darem die heerlikheid van spektoebroodjies wat deur Heston Blumenthal, een van Brittanje se topsjefs, berei was en die kans om die Sesnasies-rugby toernooi te volg!

Een van die laaste take wat Tim moes uitvoer voordat hy saam met twee ander medereisigers die lang pad huistoe kon aanpak, was om bloed te laat trek.

Tim se afskeidfoto voordat die stamperige reis terug aarde toe begin.

Die drietal gaan die kapsule binne.

Die drietal was in ’n beknopte ruimte op hul terugreis, want daar moes ook ander vrag in die klein Sojoes-tuig gelaai word.

En dis koebaai!

Dis die plek waar hulle na verwagting sal land.

Nou is daar geen terugkeer moontlik nie.
Die grafiese voorstelling van die roete wat vanaf die IRS gevolg sal word.
Die eerste keer in bykans ses maande dat Tim weer die son op sy gesig voel skyn...
En die belangrikste oproep: sy familie!
Die eerste mikrosateliet van die Filippyne om klimaatverandering te bestudeer.

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Duinelandskap vanuit die ruimte: Soedie-Arabië.

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Verloklike Bahamas.

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Die dag toe die IRS sy 100 000ste omwenteling voltooi het.

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Brrr, dit lyk koud in Kanada!

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Iewers in hierdie foto kruip daar ’n sateliet weg - ’n rare verskynsel.

A video posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Menige fotograaf se droom.

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Mama Mia! Wie sal nie onmiddellik daardie 'skoen' herken nie?

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Nog ’n besoeker wat kom inloer het: Cygnus OA-6

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Tim se “wiele“ huistoe.

A photo posted by Tim Peake (@astro_timpeake) on

Van die ruimte gepraat . . .

  • Huisgenoot se publikasie Reis na die Ruimte kos R45 en is in winkels te kry. As jy dit by die Gateway to Space-tentoonstelling (sien onder) koop, is dit boonop net R40! Dis vol interessante ruimtefeite en -stories soos hoe die lewe op Mars sal wees, watter vuurpyle en ruimtetuie die imposantste is, ruimtevaarders (ook vierpotiges) en, les bes, hoe ’n mens te werk moet gaan om ’n ruimtevaarder te word.

Voorblad Huisgenoot Reis na die Ruitme

  • En dan is daar natuurlik Huisgenoot, YOU en Drum se imposante ruimte-tentoonstelling Gateway to Space in Sandton. Koop jou kaartjies sommer nou deur op die foto hieronder te klik!

Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste