Wat moet popmusiek se grootste sterre doen wanneer hulle eendag die mikrofoon neersit? Hier is wat ons dink:

KATY PERRY – Met haar prettige houding en kleurvolle kleure dink ons sy sal die perfekte kleuterskool onderwyser maak as sy moeg raak vir die musiekwêreld.

SELENA GOMEZ – Met daai mooi donker hare van haar sal sy die perfekte haarmodel wees.

TAYLOR SWIFT – Sy het alreeds haar bakwerk op Instagram afgewys so ons dink sy kan haar generasie se Martha Stewart wees. Wie sal nou nie blou, gehekelde tafeldoeke koop met Taylor Swift se naam op nie?

RIHANNA – Sy is die koningin van wilde tattoeërmerke, so ons dink Riri kan haar eie tattoeër-ateljee oopmaak as haar liedjies op raak.

MILEY CYRUS – Miley moet deel word van die sirkus – waar anders sal daardie vreemde hare en tong bewegings inpas

TAYLOR MOMSEN – Ons sal graag wil sien dat Taylor haar lewe regruk en ’n mode ontwerper word nes haar karakter Jenny Humphrey op Gossip Girl.

DEMI LOVATO – Sy is al deur rowwe tye en sy het bo uitgekom, so die volgende stap is... spreker by motiveringspraatjies, natuurlik!

BRITNEY SPEARS – Ons dink haar eie probleme in die verlede sal haar die perfekte kletsprogramaanbieder maak – wie sal nou nie hul diepste, donkerste geheime vir haar wil vertel nie?

CHRISTINA AGUILERA – Sy kry nou reeds oefening as ’n mentor by The Voice, so ons dink Xtina kan ’n sang afrigter word as sy klaar is met die vermaaklikheidswêreld.