Wat ’n gedaantewisseling van die Survivor-dae! Glad geskeer, uitgerus en omring deur draad- en was-engele wat onder sy eie hande vleuels gekry het, wag Gys de Villiers ons voor sy houthuis in Knysna in.

Teken in op Huisgenoot

Hier in sy eie lowergroen bos-paradys sien Gys sommige oggende die uiters skaars bosloerie, of apies wat piesangs wil kom steel.

In die voortuin gooi groot palmbome soet, oranje vruggies langs die swembad af. Maar hy hoef nie meer soos op die Mosambiekse eiland van die grond af te eet nie. Hy kan sommer ’n vleisie op die kole gooi of sy gunsteling-gereg, gebakte vis met amandels, in die kombuis aanmekaarslaan.

Die pappabeer, op 49 die oudste deelnemer aan Survivor: Santa Carolina, is weer in die beskawing nadat hy sand in vele van die jongelinge se oë geskop het.

“Niemand weet wie wen nie,” is al wat hy oor die uitslag van die oorlewingstryd verklap. “En soos jy kan sien, het ek survive!”

’n Suikerbekkie kom drink buite die sitkamervenster aan ’n bottel suikerwater wat Gys daar opgehang het. “Ek was seker maar die vaderfiguur, die een wat hom oor die ander ontferm het en met wie almal kon kom praat. Daar was wel mense wat gemeen het: ‘Jy’s ’n akteur, hoe kan ons jou glo?’

“As akteur probeer ek my karakter so gestroop en eerlik as moontlik op die verhoog leef. In Survivor het ek myself gespeel. Ek is van nature ’n eerlike mens en die gekonkel het my ondergekry. Ek maak eerder goed met my hande. Ek maak ’n plan. Dis my praktiese sy wat my op die eiland help oorleef het.”

Lees die volledige onderhoud met Gys in die uitgawe van 25 Maart.