GWM_front

Buitelangs spog die H5 nou met meer chroom-afwerking en LED-agterligte, terwyl daar ook ’n drukvin op die agterste klap is.

GWM het ook die H5 binnelangs opgeknap met beter afwerking wat onder meer kavier-swart en chroom-insetsels op die paneelbord insluit. Die instrumentepaneel is ook herontwerp met ’n nuwe toereteller en daar is ook nuwe flikkerlig- en ruitveër-armpies.

Van die H5 se standaardkenmerke vir alle modelle sluit in klimaatbeheer, leersitplekke, outomatiese hoofligte, ’n klankstelsel en elektriese vensters in. Die dieselmodelle spog ook onder meer met spoedbeheer en ’n banddruk-monitor.

Al die H5-modelle het dubbele lugsakke en ABS-remme.

Nes tevore, is daar weer twee enjinkeuses, ’n 2,4 L-petrol en ’n 2,0 L-turbodiesel. Kopers kan ook kies tussen 4x2- en 4x4- weergawes. Die 2,4 L-petrol lewer 100 kW krag en 200 Nm wringkrag, terwyl die turbodiesel-model 110 kW en 310 Nm uitskop. Die dieselmodel is ook beskikbaar met ’n sesgang-handrat of vyfgang outomatiese ratkas.

Die H5 is ’n bekostigbare alternatief vir mededingers soos die Toyota Fortuner, Nissan Pathfinder en Chevrolet Trailblazer, veral as jy in ag neem almal, op een na, onder R300 000 kos. Die H5 kom met ’n drie-jaar-/100 000 km-waarborg en ’n twee-jaar-padbystand-pakket. Pryse

  • 2,4 petrol 4x2 - R234 900
  • 2,4 petrol 4x4 - R254 900
  • 2,0 VGT 4x2 - R262 900
  • 2,0 VGT 4x4 - R294 900
  • 2,0 VGT 4x2 AT - R292 900
  • 2,0 VGT 4x4 AT - R309 900

GWM_rear GWM_inside