Dié nuweling is ’n oorkruisvoertuig en is glo reeds ’n wegholsukses in China.

m4-1

Dit is ’n kompakte voertuig en is net-net korter as 4 m, maar die grondvryhoogte is 180 mm, wat goed vergelyk met party sportnutsvoertuie. Die M4 het ’n parmantige voorkoms en is beskikbaar in ses kleure.

Binnelangs is die ontwerp modern en bied dit talle geriefskenmerke, soos lugverkoeling, elektriese vensters, ’n klankstelsel met Bluetooth en ’n USB-punt, kragstuur en parkeersensors agter.

Onder die enjinkap is GWM se 1,5 L-petrolenjin, wat 71 kW en 138 Nm lewer. Volgens GWM is die gemiddelde brandstofverbruik 7,2 L per 100 kom en het die M4 ’n topspoed van 170 km/h.

Veiligheidskenmerke sluit in lugsakke voor, ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding en Isofix-ankers vir kindersitplekke.

Die M4 kom met ’n waarborg van vyf jaar of 100 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 45 000 km.

Prys: R189 999

m4-1

m4-3