GWM se H6-sportnutsvoertuig, wat einde verlede jaar plaaslik bekendgestel is, is nou ook met ’n 1,5-liter turbopetrolenjin beskikbaar.

GWM H6

Dié nuwe kragbron het meer as genoeg woema en ontwikkel 105 kW krag teen 5 600 r/min en wringkrag is ’n gesonde 210 tussen 2 200 to 4 500 r/min. Krag word na die voorste wiele via ’n sesspoed handratkas versprei.

Volgens GWM is die gemiddelde brandstofverbruik 8,5 liter/100 km.

Daar is ’n rits geriefskenmerke as standaardtoerusting wat onder meer leerbekleedsel, ’n multimediastelsel met ’n raakskerm, Bluetooth, klimaatbeheer, kragstuur, ’n kamera vir as jy agteruit bestuur, parkeersensors agter en outomatiese hoofligte insluit.

Van die H6 se veiligheidskenmerke is dubbele lugsakke voor, ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding in Isofix-kindersitplekankers. Daar is ook ’n monitor wat die banddruk meet.

GWM het ook terselfdertyd aangekondig dat die H6 se waarborgperiode verleng word na 5 jaar/100 000 km en dat dit nou ’n diensplan van 5 jaar/60 000 km kry.

Pryse:

H6 1,5T 4x2 manual: R309 999

H6 2,0 TCI 4x2 manual: R369 999

GWM H6

GWM H6