Dit doen hulle met ’n groep nuwe modelle, onder meer die H6, wat met die Mitsubishi ASX, Hyundai iX35 en Toyota RAV4 gaan meeding.

GWM H6

Die H6 wat ons getoets het, het ’n verbasend verfynde 1,5 L-turbopetrolenjin. Maar hy kort krag: Hy het nie altyd die spierkrag gehad om te versnel en verby te steek nie - sy enjin lewer 105 kW krag teen 5 600 r/min. en 210 Nm wringkrag tussen 2 500 en 4 500 r/min. Maar, teen topsnelheid het die kragbron egter nie te veel gesukkel nie; tog bly ons keuse die H6 met die 2 L-turbodieselenjin.Die H6 is voorwielaangedrewe en het ’n sesspoedhandratkas. Volgens GWM is sy gekombineerde brandstofverbruik 8,5 L/100 km.

'Die H6 se grootste trekpleister is sy binneruim.'

Die H6 se grootste trekpleister is sy binneruim, waar hy sy mededingers klop met uitstekende beenruimte agter asook ’n groot kattebak. Boonop blyk die bougehalte ook goed te wees en voel die H6 stewig.

Hy loop ook oor van staandaard luukse en gemakseienskappe, insluitend leerafwerking, ’n raakskerm-inligtingstelsel met ’n radio/CD/DVD/MP3-speler, Bluetooth-integrasie, ’n mini-SD-gleuf en ’n USB-poort. Daar is ook ’n truratkamera.

Nog standaardkenmerke sluit in klimaatbeheer, kragstuur, elektriese vensters voor en agter, elektriese spieëlverstelling, ruitveërs met reënsensors en verstelbare outomatiese kopligte.

Al is die H6 dalk die buiteperd in sy segment, bewys hy GWM is nou ernstig en ’n tweede kyk werd. Jy kry baie motor (en ruimte) vir jou geld as jy op soek is na ’n ruim gesinsmotor.

Teen R309 999 is dit nogal bekostigbaar vergeleke met sy mededingers – en sy ruim binnekant gaan jou regtig beïndruk.

GWM H6

GWM_3

GWM H6