“Ek kan nie wag nie. Skouspel is opwindend en dit bly ’n voorreg,” vertel die sanger Joe Foster.

Die skare kan vanjaar meer as 20 van ons top-kunstenaars asook die internasionaal bekroonde pianis Richard Clayderman op die verhoog sien.

Die eerste konsert is Saterdag 4 Oktober om 19:00.

– Joshua Carstens