Sy lag omdat sy die ding die hele tyd verkeerdom gehad het: Sy het gewig probeer verloor sodat sy weer kon dans.

Die antwoord was eenvoudig: sy moet weerbegin dans as sy gewig wil verloor. Die perfekte oefening. Sy is dol oor dans, sy wil haar lewe omdans, sy wil nooit weer ophou dans nie!

Joe kruip oor die vloer tot by haar. “Dit was nie te sleg nie,” sê hy. “Binne ’n paar weke dans ons enige ander paartjie onder die stof.”

Dan kyk hy ernstig na haar. En soen haar, lank en intens en diep, soos sy nog nooit gesoen is nie.

“Hel,” sê hy.“

Hoekom het ek nooit die moed. . . ek wou dit 16 jaar gelede al gedoen het. Hoe was dit?”

“Die soen?”

Hy knik.

“Lekker,” sê sy.

“Lekkerder as enigiets anders. Lekkerder as grondboontjiebotter en stroop!”