DEUR JAYBEE ROUX

DOROTHEA VAN DER MERWE smul aan een van die heerlikste toebroodjies wat sy nog gemaak het toe haar foon lui.

Sy oorweeg dit om dit te laat lui tot sy klaar geëet het. grondboontjiebotter en stroop is die lekkerste ding in haar lewe. Sy gebruik net vars, murgsagte witbrood, die beste grondboontjiebotter en gouestroop.

Geen mens kan ’n toebroodjie geniet terwyl ’n telefoon in jou ore skril nie. sy staan op en loop slaapkamer toe. sy tel op. “Dorothea van der . . .”

“Doortjie, is dit jy?” sy skrik haar asvaal toe sy die stem herken, sak op die rand van die bed neer.

Joe Durandt, “ja, ek . . . ja!”

“Wonderlik!” sê hy. “Ek het nooit met enigiemand so goed gekombineer soos met jou nie. Ek kom oor drie weke Kaap toe. Dit sal ons genoeg tyd gee omte oefen. Sodra ek daar is . . .”

Sy stem sterf weg. Sy plaas die gehoorstuk terug op die mikkie. Joe Durandt . . . Joe het haar gebel. Ná 14 jaar!

Sy staan op, grawe die stapel plakboeke onder uit haar kas. sy gaan sit weer op die bed. En begin blaai.

Sy was nege toe sy haar ma omgepraat het om haar in te skryf vir balletlesse. Sy het daarná al die jare!

“Doortjie? is jy daar? "

“Ja, ek . . .”

“Ek kan nie lank praat nie, my selfoon se battery is aan die pap word. Dans jy nog?”

“Ek . . . ja, ’n bietjie.” Sy weet self nie hoekom sy jok nie; sy het dit sommer net gesê, sonder om te dink.

“En jy?”

“Nog al die pad! As dans eers in jou bloed is . . . Luister, Doortjie, daar is oor twee maande

’n ballroom dancing toernooi in die Kaap. Vir mense tussen 30 en 40. Ek kan niemand kry wat ouer as 30 is en wil inskryf nie. Almal het werkverpligtinge of iets. Ek het opgehoopte verlof. Hoekom skryf ek en jy nie in nie? Dit sal wees soos in die ou dae! sien jy kans?”