Genoeg vir 6 mense.

750 ml grof gerasperde jong murgpampoentjies

sout na smaak

15 ml olie

1 groot ui, fyn gekap

250 ml gerasperde wortel

30 ml koekmeel

15 ml droë gemengde kruie

5 knoffelhuisies, gekneus

50 ml gekapte vars pietersielie

15 ml suurlemoensap

450 ml ricottakaas

3 eiers, geklits

250 ml dik gaar witsous

250 ml gerasperde mozzarellakaas

125 ml gerasperde cheddarkaas

swartpeper na smaak

2 tamaties, in skywe gesny

45 – 60 ml broodkrummels

’n hand vol basilieblare

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n 20 cm-veerklamppan.

Plaas die murgpampoentjies in ’n vergiettes, besprinkel liggies met sout en laat 15 minute staan om die vog te onttrek.

Druk dan die meeste van die vloeistof uit deur die murgpampoentjies tussen twee borde te druk.

Verhit die olie in ’n groot, diep pan en soteer die ui 5 minute oor matige hitte.

Voeg die murgpampoentjies, wortel, meel, kruie en sout by en soteer nog 5 minute.

Verwyder van die hitte en roer die knoffel, pietersielie en suurlemoensap by.

Klits die ricottakaas in ’n groot mengbak tot glad, voeg die eiers by en klits 2 minute vinnig.

Voeg die witsous, mozzarella, cheddar en groentemengsel by en geur met peper en nog sout indien nodig.

Skep dit in die pan, rangskik die tamatieskywe bo-op en sprinkel die broodkrummels oor.

Bak sowat 50 minute.

Laat 10 minute afkoel en verwyder uit die pan.

Garneer met basilie.