Open Season

Vrydag 13 Junie

The Avengers

M-Net (DStv-kanaal 101) 09:30

Dit is seker een die beste superherldflieks ooit. Thor, Iron Man, The Incredible Hulk en ander span saam teen die bose Loki, wat ’n leërskare ruimtewesens bring om die wêreld oor te neem. Moet dit nie misloop nie!

Elektra

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30

Voor sy met Ben Affleck getrou het, was Jennifer Garner ’n sluipmoordenaar genaamd Elektra. Al probleem is dat sy ’n gewete het; sy beskerm ’n man en sy jong dogter pleks dat sy hulle vermoor, soos haar base haar opdrag gegee het.

Conversations with other Women

SABC3 (DStv-kanaal 193) 21:00

Soek jy iets sexy op ’n Vrydagaand? Twee vreemdelinge ontmoet mekaar by ’n troue en daar is onmiddellik ’n vonk, soveel so dat hulle die troue verlaat en koers kies na ’n hotel, waar hulle baie meer as net ’n vonk ervaar.

Saterdag 14 Junie

The Rainbow Tribe

SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00

Vermaak die kinders met dié komedie oor ’n groep kinders by ’n kamp wat saamwerk om hul kampberader sy grootste vrese te help oorkom.

Open Season 2

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Die wilde diere is terug, maar dié keer het hulle groter probleme as jagters op hul spoor. Elliot die takbok se naderende troue is in gedrang toe sy vriend die worshond Mr. Weenie ontvoer word deur troeteldiere wat hom na sy mensegesin wil terugbesorg.

Johnson Family Vacation

e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00

Wat is nou beter vir ’n disfunksionele gesin as om vir ’n lang rit na ’n familiereünie in ’n motor toegesluit te wees? Maar as jy die Johnsons is, het jy darem Cedric The Entertainer vir ’n grapjas-pa.

Sondag 15 Junie

My Girl

e.tv (DStv-kanaal 194) 12:05

’n Jong meisie en haar sieklike beste maat besluit dit is hoogtyd dat haar pa ook ongelukkig is. Hulle probeer verhoed dat hy op sy assistent verlief raak. Maar onthou die snesies – jy gaan dit nodig kry!

Mr. Bones

SABC3 (DStv-kanaal 193) 19:30

Versteek in ’n vallei naby Sun City woon die stam Kuvukiland, wat ’n troonopvolger nodig het. Dit berus by die stamhoof se wit sangoma om die sy langverlore seun op te spoor, wat toevallig ’n gholfspeler is wat aan ’n toernooi by Sun City deelneem. Dit is een van Leon Schuster se grootste lokettreffers en gaan die lagspiere kielie.

2 Guns

M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05

Mark Wahlberg en Denzel Washington – wat ’n span! Hulle probeer hulle albei by ’n dwelmkartel inwurm sodat hulle die hoof daarvan kan takel. Daar is net een probleem: Hul identiteit is onthul en hulle moet nou vlug. Dan ontdek hulle hulle is albei op geheime sendings vir hul onderskeidelik die DEA en die vloot.