Sarel Loots, wat ’n gewilde deelnemer aan die kos-werklikheidsreekse Kokkedoor en MasterChef was, is vroeg Maandagoggend oorlede.

Die 45-jarige Sarel van Sabie, soos hy alombekend was, is vermoedelik aan ’n hartaanval dood.

Sy familie wag wel glo nog op die uitslag van die nadoodse ondersoek om dit te bevestig, berig Beeld.com.

Hy was in 2012 ’n deelnemer aan MasterChef South-Africa en in 2013 was hy ook ’n finalis in kykNET se gewilde kookprogram Kokkedoor.

Sarel laat sy vrou, Lize, drie kinders en ook twee pleegkinders agter.