Wie kan nou daardie toneel vergeet – toe Liefling in die gelyknamige rolprent van haar motorfiets klim, haar valhelm afhaal en haar donker lokke in die wind waai.

Op daardie oomblik het Jan se hart galop. Hy was verlief . . .

En nou, twee jaar nadat die Afrikaanse musiekfliek Liefling die Movie gehore gaande gehad het, gaan die sexy sanger Bobby van Jaarsveld weer die rol van Jan vertolk – maar dié keer op die verhoog in Liefling, die Musiekblyspel.

En weet jy wat? Jy kan dié keer sy Liefling wees...

Vind meer uit in die nuutste Huisgenoot wat nou op die winkelrakke is.