Aan die begin van November het ons julle uitgenooi om vir jou gunsteling in die glanswêreld te stem as deel van Channel24 se aanlyntoekennings.

Hierdie toekennings vind jaarliks plaas om die land se gunsteling-sterre op sosiale media te vereer.

In 'n skrale 3 weke het meer as 10,000 lesers gestem - en Bonang Matheba is met meer as 50% van die stemme as die koningin van vanjaar se Channel24 Online Awards bekroon.

"Sosiale media vorm so 'n integrale deel van ons lewens. Ons weet dit beskik oor die mag om 'n beweging te begin en die wêreld te verander. Dis ook 'n groot bron van vermaak en vrolikheid," sê Herman Eloff, aanlynredakteur van Channel24.

“Die Channel24-aanlyntoekennings fokus op die ligter kant van sosiale media en bied aanhangers 'n prettige manier om plaaslike sterre wat ons aanlyn vermaak, te ondersteun."

Nog 'n groot wenner vanjaar is Cassper Nyovest wat met twee toekennings bekroon is: beste YouTube video en Beste Paartjie, 'n toekenning wat hy met Boity deel.

Roxy Burger, wat die prys vir die Beste Selfie ontvang het, stel dit so: “Die Channel24-aanlyntoekenning vir die Beste Selfie is soos die Oscar van selfie-toekennings."

Die volledige lys van sosiale media-wenners

1. Beste glanspersoon-#selfie

Roxy Burger

2. Beste glanspaartjie

Cassper Nyovest & Boity Thulo

3. Snaakste glanspersoon

Somizi

4. Beste Facebook-blad – Individueel/Groep/Musiekgroep

Micasa

5. Beste Twitter-rekening – Individueel/Groep/Musiekgroep

Gareth Cliff

6. Beste Instagram-rekening – Individueel/Groep/Musiekgroep

Khanyi Mbau

7. Beste YouTube-kanaal/video – Individueel/Groep/Musiekgroep

Cassper Nyovest

8. Verruklikste vroueglanspersoon 

Jeannie D

9. Verruklikste mansglanspersoon 

Armand Aucamp

10. Goue kroon vir oorkoepelende beste aanlynteenwoordigheid 

Bonang Matheba