Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

Genoeg vir 5 mense

5 aartappels, gewas

250 ml (1 k) beleë cheddarkaas

250 ml (1 k) dikroom

2 sprietuie

1 tamaties, fyn gekap

1 groen soetrissie, fyn gekap

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) olie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sit die aartappels in ’n soppot saam met genoeg water om dit te bedek oor mediumhitte.

Laat die aartappels 30 minute in die water prut of tot gaar, maar met die vel nog heel.

Sny die aartappels in die lengte terwyl hulle nog warm is.

Skep die binnestes in ’n bak uit en laat afkoel.

Rasper die kaas en voeg dit saam met die dikroom by die afgekoelde aartappel.

Kap die sprietuie fyn en voeg dit by saam met die tamatie en soetrissie.

Geur met sout en peper.

Smeer die bakplaat met olie.

Skep die aartappel-en-kaasmengsel in die velle en pak die helftes op die bakplaat.

Oondbak 20 minute of tot die kaas gesmelt het.

Volg Huisgenoot op Twitter.