Genoeg vir 4 mense

4-6 middelslag-aartappels

300 g dun boerewors

30 g botter

1 ui

250-300 ml gekoopte tamatiesous (Napoletana-sous)

15-20 ml blatjang

sout en vars gemaalde swartpeper

basilie

Kook die aartappels in soutwater tot sag en hou warm.

Alternatiewelik kan jy dit in die oond bak of in die mikrogolfoond gaarmaak.

Plaas die wors in ’n koue pan en sit dit op die plaat.

Verhit die plaat en braai die wors oor lae hitte tot gaar. (Die wors moet stadig gaargemaak word en so min as moontlik omgedraai word om te verhoed dat die derm bars, want dan verloor jy al die heerlike sap.)

Sodra die wors gaar is, verwyder die pan van die hitte en hou eenkant.

Verhit die botter in ’n klein kastrol en braai die ui tot sag.

Roer die tamatiesous en blatjang by en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut ’n paar minute.

Geur met sout en peper.

Maak ’n kruis op elke aartappel en druk dit effens oop.

Skep van die sous oor, gevolg deur stukkies gesnyde wors.

Garneer met basilie.