Minder as 30 minute Bedien: 6 Bestanddele

Hoof bestanddele

1 pakkie "heat and eat" Franse brode, (2 brode)

125 gram roomkaas met soetrissies

5 tamaties, gesny

1 rooi ui, fyngekap

’n Handvol basilieblare

375 ml mozzarella

Metode

Halveer die Franse brode en smeer met roomkaas (dit is soos gom wat die brood bymekaar hou)

Vul met tamatie, uie en basilie.

Strooi mozzarella oor en maak die broodjies toe.

Plaas die brood in ’n braairooster en braai tot goudbruin, effens geskroei, en die kaas gesmelt is.

Sny en bedien.

KLIK HIER vir meer resepte van PicknPay.