[post-slider]

Die derde-geslag Jazz spog met ’n vars voorkoms en meer kompakte afmetings, maar is nogtans ruimer binne, en bied ’n meer omvattende lys standaardtoerusting.

Boonop is die nuweling glo meer doeltreffend, en verteenwoordig ’n aansienlike stap vorentoe in verglyking met sy uiters gewilde en suksesvolle voorgangers. Honda se sogenaamde Magic Seat-sitplekstelsel, wat nog altyd een van die Jazz se sleutelkenmerke was, is eweneens deel van die jongste model se toerustinglys, en sorg vir ’n unieke vlak van aanpasbaarheid in dié segment. Boonop beteken die bykomende beenruimte agter dat die nuwe Jazz met gemak sitplek vir tot drie passasiers agter bied.

'Kopers kan kies uit sewe modelle.'

Kopers kan kies uit sewe modelle, met ’n keuse van twee enjins, twee ratkaste en vier spesifikasievlakke.

Die enjinreeks bestaan uit ’n nuwe, meer doeltreffende viersilindereenheid van 1,2 liter, en die beproefde enjin van 1,5 liter wat ook in die vorige Jazz diens gedoen het.

Die mees bekostigbare Jazz is die 1,2 Trend, wat met ’n handratkas toegerus is.

Alle Jazz-modelle buiten die Trend-intreevlakmodel word boonop met ‘n diensplan van vier jaar/60 000 km ondersteun.

Pryse

  • Jazz 1,2 Trend-handrat - R179 900
  • Jazz 1,2 Comfort-handrat - R204 900
  • Jazz 1,2 Comfort CVT-outo - R221 900
  • Jazz 1,5 Elegance-handrat - R234 900
  • Jazz 1,5 Elegance CVT-outo - R249 900
  • Jazz 1,5 Dynamic-handrat - R249 900
  • Jazz 1,5 Dynamic CVT-outo - R264 900