Foton, een van die grootste en mees suksesvolle voertuigvervaardigers in China, is gereed om sy eerste inval in die Suid-Afrikaanse sportnutsvoertuigmark (SNV) te maak wanneer sy Sauvana teen 'n mededingende prys bekendgestel word.

Die naam is afgelei van die Spaanse woord “savannah“, wat tropiese plato beteken, en dit beklemtoon die voertuig se vermoë om op enige plek te ry.

Die Sauvana is vanjaar vir die eerste keer by die Shanghai-motorskou vertoon en dit is geweldig positief ontvang.

Die Sauvana is ’n bittereinder-SNV, groot van gestalte en aangedryf deur deur die 2,8 liter-Cummins-turbodieselenjin waarmee Futon se Tunland-reeks bakkies van premieklas, wat reeds sedert 2012 plaaslik verkoop word, toegerus is.

"Daar sal 'n keuse wees tussen 'n 5-gang-handrat- of 6-gang-model met 'n outomatiese transmissiestelsel"

Die Sauvana, wat op die onderstel en loopwerk van die Tunland-bakkies gebaseer is, was aan plaaslike evaluering in Suid-Afrika blootgestel, waar dit sedert vroeër vanjaar meer as 20,000 km in uiterste toestande afgelê het, en sy werkverrigting is besonder goed.

[post-slider]

Die Sauvana, wat onder die kodenaam U201 ontwerp en ontwikkel is, is ’n  bakwerk-op-raam-ontwerp wat ’n  keuse tussen agterwiel- of vierwielaandrywing met lae strekking bied. Daar sal 'n keuse wees tussen 'n 5-gang-handrat- of 6-gang-model met 'n outomatiese transmissiestelsel.

Foton se komende toevoeging tot sy bestaande produkte in die Tunland-reeks van dubbel- en enkelkajuitbakkies, se asafstand is 2 790 mm, dit is 4 830 mm lank, 1 910 mm wyd en 1 840 mm hoog. Die Sauvana het sitplek vir vyf tot sewe passasiers, afhangende van die model.

Dit beskik oor onafhanklike tweeling-mikvering voor en ’n  vyfskakel-beheerstelsel vir die soliede agteras.

Die binnekant is goed toegerus en dit het ’n hoëgehalte-voorkoms, insluitend luuksueuse leersitplekoortreksels.  Standaardkenmerke sluit in ’n  infotainment-raakskerm en oudio- en spoedreëlaars wat aan die stuurwiel gemonteer is. Verdere kenmerke is sleutellose toegang en sleutellose aanskakeling, 'n sondak asook outomatiese klimaats- en spoedreëling.

Foton se passasiers- en ligte handelsvoertuie word in Suid-Afrika versprei deur 'n gesamentlike onderneming tussen Imperial Holdings en Bidvest, en verkope en diens word deur 34 agentskappe landwyd aangebied.

“Die Foton-handelsmerk maak vooruitgang in die Suid-Afrikaanse voertuigmark soos ons die reeks uitbrei en ons is vol vertroue dat die Sauvana, wat in 'n belangrike segment van die plaaslike SNV-mark meeding, sy kant sal bring rakende die groeiende verkoopvolume,” het Mark Scarth, wat verantwoordelik is vir die bemarking van Foton se passasiers- en ligte handelsvoertuie in SA, gesê.

Uitgereik deur Wilken Communication namens Foton Suid-Afrika.