Ford se nuwe Everest, wat die gewilde Toyota Fortuner die stryd moet aansê, is nou in Suid-Afrika te koop.[post-slider]Aanvanklik sal daar net twee modelle met dieselfde turbodieselenjin beskikbaar wees, terwyl albei 4x4-aandrywing het. Nog modelle sal later by die Everest-reeks aansluit.

Die 3,2 L-kragbron ontwikkel 147 kW en 470 Nm wringkrag en is aan ’n sesspoed- outomatiese ratkas gekoppel.

Vir nou is die intreevlakmodel die XLT-weergawe wat al die nodige geriefs- en veiligheidskenmerke het.

Die duurder Limited-model het talle bykomende kenmerke wat onder meer sportiewe 20 duim-allooiwiele en LED-dagryligte insluit. Dié model het ook elektroniese parkeerhulpmiddels, volgafstandbeheer en ’n waarskuwingstelsel vir blindekolle.

Pryse:

  • XLT 3,2 L outo 4x4: R593 900
  • LTD 3,2 L outo: 4x4 R646 900