Komedie. Met Julia Louis-Dreyfus en James Gandolfini. Regisseur: Nicole Holofcener. 10DSG. Begin op 22 November.

Of dink hulle staan g’n kans nie omdat hulle “onaantreklik” is. Basta, sê die draaiboekskrywer. Daar is ’n plekkie vir almal, selfs al het jy ’n dubbele bierpens of aknee. Die vraag is: Is middeljarige mense volwasse en romansefiks genoeg om die liefde weer te akkommodeer? ’n Geskeide vrou (die onvergelyklike Julia Louis-Dreyfus) raak aangetrokke tot ’n oorgewig man (James Gandolfini in een van sy laaste en beste vertolkings), maar dan maak sy nog ’n skokontdekking. Die dialoog is so spitsvondig, ’n mens wil elke reël neerskryf sodat jy later weer daarvoor kan lag. En die regie is so simpatiek dat die karakters sexier word as Brad en Angelina. Moet ook nie die spitsvondige draaiboek geringskat nie. Dis vol romantiese kinkels en komiese kabels wat bewys: Wanneer ’n mens verlief raak, is ons almal dieselfde. Lomp, blosend en omgeëllie. Dit is egter nie te sê dat jonges nie hierby aanklank sal vind nie. Dit kan hulle voorberei op wat wag wanneer die middeljare begin lok. ’n Heerlike, aweregse, subtiel-romantiese stukkie rolprentwaarheid. Ons dink 4/5

- Leon van Nierop