Spioenasiedrama. Met Robert Redford, Shia LaBeouf en Julie Christie. Regisseur: Robert Redford. 13T. Begin op 19 Julie.

Hierdie verrassend spannende Robert Redford-drama is goeie vermaak met ’n storie. Anders as vele van vandag se aksietreffers is die fliek nie deur ’n rekenaar gemaak met ’n stertriem van ’n storie en ure se geskiet-skop-en-doodbloei nie. Hier moet die gehoor uithaal en wys om by die snelbewegende storie by te bly.

Gedurende die 70’s was ’n groep bekend as die Weather Underground gewelddadig gekant teen die Vie¨tnam-oorlog. Toe ’n bankroof skeefloop, vlug hulle en bly 40 jaar lank onder vals identiteite in Amerika, tot een van hulle (Susan Sarandon) in hegtenis geneem word.

Nog ’n lid, Nick Sloan (Robert Redford) se identiteit kom op die lappe toe ’n joernalis (die uitmuntende Shia LaBeouf) hom opspoor. Sal Sloan wegkom sonder om opgesluit te word?

Dit voel deurgaans of ’n mens op ’n hoogspanningsdraad loop en kort-kort jou balans wil verloor terwyl die intense drama ontvou.

sorg dat die gehoor nie ’n oomblik verveeld is nie. En om te kyk hoe LaBeouf die ouer spelers onder die 3 tafel inspeel, maak die rolprent sy geld werd.

Dit gaan ook oor patriotisme, liefde, opstande teen ’n sinlose oorlog en ouerliefde. So moet knap regie mos lyk. Sterk aanbeveel.

- Leon van Nierop