Wetenskapsfiksie.

Met Jake Gyllenhaal, Michael Arden en Michelle Monaghan.

Regisseur: Duncan Jones.

13G.

Begin op 17 Junie.

Ons dink: 3/5

Waaroor gaan dit?

’n Dapper kaptein in die Amerikaanse weermag bevind homself skielik in die liggaam van ’n passasier op ’n trein – waarop ’n bom binne agt minute gaan ontplof.

Wie sal hiervan hou?

Mense wat hou van slim stories wat soos ’n skaakspel is. Die lekkerte van die fliek is om een skuif voor die verbeeldingryke (en wrede!) draaiboek­skrywer te wees. Dinge gebeur flink en vinnig.

Dit is amper soos Groundhog Day op steroïde. Dieselfde situasie word talle kere herhaal, maar elke keer met ’n nuwe diaboliese kinkel tot dit later voel of jou verbeelding gaan ontplof.

Voeg daarby die sexy sjarme van Gyllenhaal, een van die min akteurs wat macho sowel as sensitief kan wees, en jy het ’n wenner.

En dan het die man nog breinselle boonop en verkies rede bo vuiste! Dis een van die min rolprente dié wat minstens vyf verskillende eindes kan hê en ons held ontgin almal.

Die rolprent is nie so verwaand of buite beheer soos Fast Five nie, en is meer soos Inception as soos Shutter Island.

Soortgelyke flieks

Groundhog Day, Inception, Shutter Island.

Springmielie-feite

*Michael Arden het in Texas grootgeword en was in 2001 een van 12 leerders wat ’n presidensiële toekenning in die kunste ontvang het.

*Hy het ’n briljante akademiese loopbaan aan die Juilliard-skool vir die uitvoerende kunste in New York vaarwel toegeroep toe hy ’n rol in Big River op Broadway kry.

*Duncan Jones het in 2009 groot aandag getrek met Moon, sy eerste rolprent as regisseur.

Volg Huisgenoot op Twitter.