Ons dink: 3/5

Animasie.

Met die stemme van Ben Stiller, Jada Pinkett Smith, Sacha Baron Cohen en Chris Rock.

Regisseurs: Eric Darnell en Tom McGrath.

OT.

Begin op 15 Junie.

Teken in op Huisgenoot

Maklike vraag: Hoe weet jy dis skoolvakansie? Wanneer ’n animasiefliek, gewoonlik ’n vervolg, in 3D uitgereik word.

Ouers sug verlig en stop die kleingoed geld in die hand sodat hulle onder hul voete uit is.

Maar sodoende skep hulle ’n nuwe probleem! Kleinboet en -sus wil sommer dadelik die fliek op DVD besit of weer gaan kyk. Hoe nou gemaak?

Pa en ma moet dus voorbereid wees, want die Madagascar-groepie het ’n stewige gevolg. Weet dus: Ouers sal moet uithaal en wys!

Dié slag probeer Alex, Melman, Gloria en Monty steeds om terug te gaan Amerika toe. Maar in animasiekaperjolle werk

niks ooit uit soos dit moet nie.

Soos in enige ordentlike vervolg word ’n paar diere bygevoeg wat die pap net dikker aanmaak. ’n Lama voeg lekker skop-en-hare by die resep toe ons vriende in ’n sirkus beland. Die vraag is net: Watter toertjies gaan hulle optower om

hul verblyf deur Europa na New York te regverdig?

Soos jy seker kan agterkom, is hierdie komedie vet pret, maar net as jy jonger as 12 is. Tog kan ouers die fliek ook oorleef.

Volg Huisgenoot op Twitter.