Ons dink: 3/5

Romantiese komedie.

Met Jennifer Westfeldt, Adam Scott en Maya Rudolph.

Regisseur: Jennifer Westfeldt.

16TS.

Begin op 6 Julie.

As jy nie kinders het nie, lyk hierdie romantiese komedie na ’n preek: Al gee kinders probleme, is hulle eintlik ’n seën.

En moenie dat die romanse verflou wanneer jou vrou sê sy is swanger nie.

Hierdie komedie is dus slegs vir paartjies wat onseker is oor ’n gesin.

Die storie lyk na Bridesmaids sonder die kwinkslae en pienk uitrustings. Twee onverliefde ongetroudes wat altyd saam na hul vriende se etes genooi word, besluit om ’n kind te hê. Die vriendskap moet platonies bly, want hul getroude vriende is dié wat hul iPads stukkend gooi uit frustrasie oor die babaprobleme en wat selde nog intiem verkeer.

Is die volgende formule van toepassing op alle paartjies: huwelik + babas = frustrasie en sloerwerk? Dit word gou duidelik dat die draaiboekskrywer paartjies met kinders moed wil inpraat: Moenie komkommer nie; dit sal beter gaan en julle sal mekaar weer liefkry. Kinders is noodsaaklik vir ’n huwelik.

Besluit dus maar of jy as buitestander sinies wil grinnik en sê: ‘‘Dis hoekom ons nie kinders het nie.’’ Of gaan die komedie veroorsaak dat ’n kleinding oor nege maande in jul lewe koer? En grens . . .

Volg Huisgenoot op Twitter.