Drama. Met Jason Bateman, Hope Davis, Max Thieriot en Colin Ford. Regisseur: Henry Alex Rubin. 16DTNS. Begin op 12 Julie.

Dit het stil in Amerika begin, uit­ muntende resensies gekry en verdwyn omdat geen groot sterre aan die titel gekoppel is nie.

Moenie dat dit jou afsit nie. Soms kom die grootste kanonne in die kleinste pakkies!

Enigiemand wat al geboelie is of onder inter­ netboelies deurgeloop het, sal hierdie intense drama vertroostend vind. Dit ontmasker ge­ wetenlose boelies en swape wat hul maats sonder skroom “vir die grap” op Facebook of selfone bespot.

Die rolprent kring ook wyer: Dit kyk na die

uitwerking van misverstande en toeval, asook die gevolge van onnadenkende optrede op onskuldige mense. As jy dus die slagoffer was van misdaad of selfsug, is die´ rolprent vir jou.

Verskeie stories ontvou tegelyk, waaronder die´ van ’n bleeksiel wat naakfoto’s van homself neem. Goor maats kry die foto’s in die hande en versprei dit na die hele skool. Watter uitwer­ king het dit op die seun en sy gesin?

’n Mens koop nie springmielies vir hierdie nugter en agtermekaar uitbeelding van die aan­ stootlike dinge wat mense mekaar aandoen nie. Jy sit met respek en ontsag en kyk na een van die jaar se toprolprente wat ’n verandering aan jou lewe kan maak. Moenie dat hierdie fliek jou ontglip nie.

– LEON VAN NIEROP