Ons dink: 3/5

Misdaaddrama.

Met Mark Wahlberg en Giovanni Ribisi.

Regisseur: Baltasar ­Kormákur.

16TG.

Begin op 16 Maart.

Mark Wahlberg is volmaak metrosek­sueel: ’n akteur wat gewoonlik hardebaardkarakters vertolk wat gemaklik is

in hul eie vel, ’n sensitiewe kant openbaar, soms huil, maar nooit pienk sal dra nie.

Sy gemaklike macho-houding en begrip vir emosies vind aanklank by mans sowel as vroue. Dus vergewe ’n mens hom as hy, soos in hierdie fliek, aan die verkeerde kant van die gereg met jou kop en met geld smokkel.

Wahlberg se karakter woeker met ’n kas vol geld oor die Panama-kanaal en word telkens in die rug gesteek deur kamtige vriende wat hul hande daarop wil lê.

Maar sy instink en staalvuiste be­skerm hom – hy ruik skelms so maklik uit soos ’n sjokolade in ’n kakaofabriek.

Nes in Ocean’s Eleven is die hoogspanningsdraad snaarstyf gespan en balanseer die karakters net-net daarop.

As jy lus is om so vermaak te word dat jy van die week se vergaderings en onsimpatieke base kan vergeet, sal Contraband jou maermerrie nerfaf skop. Dis byderwets, koel en vol vonk.

Giovanni Ribisi speel die taaiste skurk in jare en Ben Foster bewys hy is Ryan Gos­ling se troonopvolger.

Nommerpas vir ’n Vrydagaand!

Volg Huisgenoot op Twitter.